Star Signs and Zodiac Symbols

Sterre Tekens: Astrologie en die Diereriem

Sterre Tekens: Astrologie en die Diereriem – Die mensdom kyk al na die sterre vanaf dag een af. Vanaf die eerste keer wat ons begin opkyk het, het ons na die sterre gestaar. Wat n’ besigtiging die nag hemel is, veral in die dae toe die enigste lug besoedeling n’ veldbrand op die horison was en stads ligte nie eens bestaan het nie.

Verbeel uself om een van n’ geisoleerde groep te wees, omring deur leeus en ander gediertes, om n’ kampvuur met die asemrowende sterre hemel na bo wat stadig met swier draai en hul vertoning op massiewe porporsies hou.

Elke konstelasie word verteenwoordig deur een van 12 tekens in die diereriem. Die sirkel begin met die Ram (“Aries”) en eindig met die Vis (“Pisces”).

Fortuinvertelling en waarsegging is verbonde aan die sterre tekens. Baie mense bied hierdie dienste aan, maar baie is nie eg nie. Glo eerder in u self en kyk na binne vir die kennis waarna u op soek is.

Astrologie word meer gebruik as n’ wyse om meer van u self te leer. Onthou wel dat niks in steen gele is nie en dat u kan verander. Deur om n’ ander denk wyse aan te neem en om gefokus te bly, kan meeste lewens uitdagings gehanteer word. Moenie die uitdagings wat die lewe bring vermy nie, sien hul eerder as geskenke wat u sterker maak en u vele sal leer

Kyk gerus na ons versameling van sterreteken hangertjies. Ons kan hulle in enige grote vervaardig en ons vervaardig ook, volgens bestelling, verpersoonlike ontwerpe.

Sterre Tekens van die Diereriem

Die diereriem bestaan uit 12 tekens beginnende met die Ram (“Aries”), gevolg deur die Bul (“Taurus”),

Die Tweeling (“Gemini”), die Krap (“Cancer”), die Leeu (“Leo”), die Maagd (“Virgo”), die Weegskaal (“Libra”), die Skerpioen (“Scorpio”), die Boogskutter (“Sagittarius”), die Steenbok (“Capricorn”), die Waterdraer (“Aquarius”) en eindig met die Vis (“Pisces”).

Elke teken het sy eie eienskappe wat hul uitsonderlik maak van die res van die sterre tekens.

  • “Aries” – Die Ram (21 Maart – 19 April)

Die Ram is energiek, innoverend, oorspronklik, n’ pionier, laat sy man staan, kort van draad, het n’ sterk dryfs krag, n’ leier, ambisieus, n’ ekstrovert, aggresief, kompeteerend, entoesiasties, self-vertrouend, self versekerd en die een wat aksie aanstig en mee bring.

Die Ram Sterre Teken

  • “Taurus” – Die Bul (20 April – 20 Mei)

Die Bul is gedetermineerd, doeltreffend, hardkoppig, versigtig, vreedsaam, aanhoudend, verdraaglik, n’ introvert, konserwatief, konvensioneel, materialisties, sekuriteits bewus, stabiel, arbeidsaam of vlytig, vertroubaar en iemand wat oor die algemeen oor baie goeie finansiele bekwaamheid beskik.

Die Bul Sterre Teken

  • “Gemini” – Die Tweeling (21 Mei – 20 Junie)

Die Tweeling is buigsaam, veelsydig, rusteloos, se hande staan vir niks verkeerd nie, lewendig, waaksaam, skerpsinnig, letterkundig, kommunikatief, n’ goeie gesprek voerder, veranderbaar, sosiaal, logies, vindingryk, rats, handvaardig, n’ intelektueel en verstandelik ambisieus.

Die Tweeling Sterre Teken

  • “Cancer” – Die Krap (21 Junie – 22 Julie)

Die Krap is n’ introvert, gereserveerd, emosioneel, sensitief, buierig, simpatiek, sekuriteits bewus, taktvol, terughoudend, huislik, moederlik, beskermend, stil, kalm, vebeeldingryk, nougeset en n’ volslae tradisionalis.

Die Krap Sterre Teken

  • “Leo” – Die Leeu (23 Julie – 22 Augustus)

Die Leeu is ambisieus, het n’ liefde vir aandag trek, spekulatief,n’ ekstrovert, optimisties, eerbaar, statig, het baie selfvertroue, trots, lewnslustig, vrolik, flambojant, karismaties, dramaties, kompeteerend, n’ leier en n’ organiseerder.

Die Leeu Sterre Teken

  • “Virgo” – Die Maagd (23 Augustus – 22 September)

Die Maagd is prakties, verantwoordelik, oordeelkundig, logies, analities, diskrimineerend, n’ beplanner, presies, op tyd, togewyd, n’ perfeksionis, krities, gesondheids bewus en ietwat van n’ ekstrovert.

Die Maagd Sterre Teken

  • “Libra” – Die Weegskaal (23 September – 22 Oktober)

Die Weegskaal is idealisties, n’ vrede maker, diplomaties, verfynd, gebalanseerd, grasieus, gaaf, hoflik, regverdig, sosiaal, sjarmant, kustig en kreatief, vriendelik, saam werkend, n’ ekstrovert en redelik weifelagtig.

 Die Weegskaal Sterre Teken

  • “Scorpio” – Die Skerpioen (23 Oktober – 21 November)

Die Skerpioen is intens, gedetermineerd, magtig, eiewillig, kragdadig, vrymoedig, dapper, verdraaglik, kompeteerend, vindingryk, n’ navorser, n’ ondersoeker, geheimsinnig, misterieus, penetreerend, psigies, self-vertrouend en ietwat van n’ introvert of afgesluit.

Die Skerpioen Sterre Teken

  • “Saggitarius” – Die Boogskutter (22 November – 21 Desember)

Die Boogskutter is idealisties, optimisties, vryheid liefhebbend, informeel, vriendelik, veerkragtig, gesellig, entoesiasties, filosofies, studieus, vooruitsiende, direk, uitgesproke,eerlik,lojaal, rusteloos en dol oor rondreis.

 Die Boogskutter Sterre Teken

  • “Capricorn” – Die Steenbok (22 Desember – 19 Januarie)

Die Steenbok is ambisieus (mag, posie en geld), n’ organiseerder, self gedisiplineerd, onbuigsaam, spaarsamig, taktvol, sekuriteits bewus, konserwatief, verantwoordelik, prakties, aanhoudend, polities, besigheids georienteerd en metodies.

Die Steenbok Sterre Teken

  • “Aquarius” – Die Waterdraer (20 Januarie – 18 Februarie)

Die Waterdraer is individualisties, onkonvensioneel, progressief, uniek, onafhanklik, humanisties, altruisties, n’ visioner, insigryk, intelektueel, logies, vindingryk, vernuftig, onvoorspelbaar, afgesonder, vriendelik en wetenskaplik.

 Die Waterdraer Sterre Teken

  • “Pisces” – Die Vis (19 Februarie – 20 Maart)

Die Vis is ontanklik, super sensitief, impresioneelbaar, vredes liefhebbend, ernstig, simpatiek, liefdadig, medelydend, kunstig, kreatief, n’ dromer, toegewyd, verbeeldingryk, psigies, skaam, n’ introvert, spiritueel en eeselwig.

 Die Vis Sterre Teken

Astrologie

Beskawings soos die Mayas het sterre ky in akurate wtenskap verander. Deur om wetenskap en kennis te gebruik waarvan ons niks af weet nie, het hulle planete, hemel liggame en ster bewegins bereken. Die Grieke het dit reg gekry om die moderne mens op die pad na ster wetenskap of atronomie te plaas.

Iewers het profete, waarseggers, toordokters en sieners die perfekte medium gevind om fortuine mee te vertel en om die mensdom se toekoms en bestemming te bind aan die sterre. “Jy was om hierdie tyd gebore, die planete was in so n’ riglyn, so dus het jy hierdie spesifieke eienskappe”.

Hoe kan n’ mens daarnee argumenteer?! Veral as die meeste van ons op kyk na die sterre en net n’ massa sterre, planete en ander hemels liggame sien sonder patroon of betekenis.

As n’ mens wil ek betekenis he. Ek wil die toekoms sien. Ek wil weet dat my hele lewe nie die resultaat van toevallige gebeurtenisse is nie en dat my dood nie die einde is nie. Ek is nie werklik geintereseerd daarin om dit self uit te werk nie.

Dus die sterretekens van die diereriem. Interpretasie van die sterre en die planete, en hul bewegings wat my behoefte vervul.

Astrologie is gebaseer op atronomie. Geloof gebaseer op harde feit, u kan nie argumenteer dat die sterre nie daar is nie, maar u kan argumenteer met die betekenisse van die sterre en die betekenis gebaseer op hul konfigurasie.

Die sterre tekens is gebaseer op realiteit, kyk na die hemele se konfigurasies op n’ spesifieke oomblik, en u het antwoorde. Die diereriem sal u antwoorde gee volgens u persoonlikheids tipe, u sterkpunte en swakpunte.

Met n’ bietjie sierlike voetwerk, sal dit help om n’ perfekte en verenigbare maat te kies. “Wel, hy is n’ Leeu, en sy is n’ Vis, dus sal dit nooit werk nie”. Daar het u dit. Verhouding verdoem. Of wat van: “Sy is n’ Boogskutter, jy weet dat Boogskutters nie na hul geld kan kyk nie”. Nog een. Bestem vir armoede.

Die Chinese horoskoop doen presies dieselfde ding. Indien u naby genoeg kyk, sal u vind dat elke beskawing n’ soortgelyke fortuin vertellings sisteem het. Iets wat van jou eie verantwoordelikheid en mag af weg neem en dit direk aan die groot onbekende gee. Natuurlik, soos priesters, is daar altyd iemand gekwalifiseerd genoeg om vir u as bemiddelaar en interpreteerder op te tree met die onbekende. Vir n’ fooitjie natuurlik

Soveel as wat mense mag wil he, net so graag hardloop hulle daarvan af weg ook. Hoeveel makliker is dit om te se: “Wel, dit is buite my beheer”, “die duiwel het my dit maak doen”, “Ek is daai tipe persoon”, “Ek kan nie daarvoor help nie”.

Opgemerk wanneer sterre teken gelowiges nuwe mens ontmoet? “So, watter tipe sterre teken is jy?” sal hulle vra. “Aah… dit verduidelik alles” of “Jy weet dat hy n’ Bul is, julle sal nooit oor die weg kom nie”. Hulle gee jou n’ etiket en dit is baie moeilik om dit af te skud. Dan nou weer… sommige mense hou van etikette: “Ek is n’ Maagd, jy weet”. Asof dit nou alles op klaar en jy my alreeds intiem ken gabaseer op n’ sterre teken. Dit maak ons veilig voel. Om te weet dat ons alles verpak, uitgele en verduidelik het.

Simbolieke juweliersware word al gedra sedert die mens hul self begin versier het, wat baie vroeg was in die menslike geskiedenis. Aanvanklik, het mense items gedra as talismans, beskermings gelukbringers en vir bruikbaarheids redes, soos n’ opgrawings stok aan die middel. Soos ons oogpunt op die wereld en onsself  ontwikkel het, so het ons behoefte om goed te lyk ontwikkel. Ons behoefte om ons self etikette te gee het in geskop.

Mense het begin om kentekens en simbole te dra om hulself te identifiseer. Weermagte, lande en faksies het n’ wonderlike manier gevind om hoe om die vyand uit te ken. Goewermente het n’ manier gevind om mag in n’ simbool te plaas.

Etniese juweliersware of simbole dien dieselfde funksie. Neem die mag van n’ persoon en plaas dit in n’ voorwerp. Die voorwerp kan weg geneem word en daarmee saam die mag. Dit kan ook aan menigte gegee word, daardeur word die mag beheer. Die mense wat die simbool beheer, beheer ook die mag. Bou die mag van die simbool deur middel van vrees, onkunde of selfs deur middel van goeie dade, en sodoende word die’ simbool opgebou. Mense sterf af, simbole nie. Dus is daar n’ aangaande, nimmer eindige mags simbool om oor te dra vanaf een generasie na die ander. Star signs South Africa


Looking for something?

Use the form below to search the site:

Still not finding what you're looking for? Drop a comment on a post or contact us so we can take care of it!

Archives

All entries, chronologically...