Star Signs and Zodiac Symbols

African Zodiac

Afrika Sterre Tekens

by on Nov.27, 2011, under African Zodiac

Afrika Sterre Tekens – Bestaan daar so iets?

Ons het ekstensiewe navorsing uitgevoer omtrent hierdie onderwerp. Ek is blyfagtig in Afrika en het met verskeie sangomas, toordokters geskiedkundiges gesels oor die bestaan van tradisionele Afrika sterre tekens. Dit blyk dat ten spyte van die feit dat sterre studie (astronomie) sy bestaan gevind het op die Afrika kontinent, en van daar die oorsprong van die diereriem, dat daar geen Afrika sterre tekens is nie. En selfs met die normale sterre tekens, mag hulle dalk verkeerd wees.

Rekenaar sagteware, wat beweer dat hul jou eie Afrika sterre teken of diere riem kan lees, is in my eelike opinie pure snert. Dit is maar net nog n’ metode om jou van jou geld te skei. Ek het hierdie spesifieke sagteware van die internet af afgetrek en dit is werklikheid net nog n’ nuttelose stukkie sagteware.

Hier onder volg n’ omvattende lys en beskrywing van wat ek kon vind oor Afrika Sterre Tekens en die Afrika Diereriem.

Afrika Sterre Tekens

Daar word geglo dat die afrika nasies die mees primitiefste kultuur was wat geboorte geskenk het aan die wetenskap van die sterre, die planete vernoem het en dat hulle die studie van astrologie begin het.

Die 12 horoskoop tekens van Afrika se astrologie wat met 12 gekerfde been (dolosse) korrespondeer is:

• Die Kremetart of Baobab Boom (4 Januarie – 3 Februarie) • Die Rykdom van Ambersteen en Silwer (4 Februarie – 5 Maart) • Die Familie (6 Maart – 4 April) • Klein Dienste aan die Buurt (5 April – 4 Mei) • Die Mark (5 Mei – 4 Junie) • Die Voorsaat (5 Junie – 4 Julie) • Die Regter ( 5 Julie – 4 Augustus) • Die Kola Neut (5 Augustus – 3 September) • Die Reisigers (4 September – 3 Oktober) • Die Afstand4 Oktober – 3 November) • Die Kind van die Wereld (4 November – 3 Desember) • Die oes in die Graan Silo (4 Desember – 3 Januarie)

n’ Kort Beskrywing van die Afrika Simbole

Die kremetart of Baobab Boom ( n’ Lug teken) word geag as solied, geanker in die grond deur sy wortels wat nie toelaat dat hy/sy deur ander beinvloed word nie.Die Familie is n’ Aarde teken wat beskryf word as gereserveerd, wys, versorgend, warm en onselfsugtig. Klein Dienste aan die Buurt, ook n’ aarde teken, word beskou as gestruktueerd, dink op sy/haar voete, maar kan maklik beinvloedbaar en behoeftig wees van aard. Die Voorsaat, n’ water teken, is intuitief, n’ leier en n’ projek skepper.

Die oorsprong van Afrika astrologie mag dalk so ver terug gaan na die ontwikkeling van die antieke Afrika beskawing. Die astrologie van hierdie kultuur is gebasseer op waarseery deur middel van geometriese lyne (Geomansie). Hierdie’ vorm van waarseery is n’ tipe van voorspelling waar been figure (dolosse) willekeurig neer gewerp word. Die dolosse vorm dus lyne en pyle. Daarna, rangskik die waarseer die lyne en pyle in 3 groepe. Die vloer basis word geraam deur om tot op 3 dolosse te gebruik wat n’ vertikale lyn vorm en die ander twee lae word geskep deur om een of twee lyne te gebruik. Dit lei dus tot n’ beeld van 12 been figure en daardeur die formasie van die Afrika diereriem.

Die 16 Geomantiese Figure (vanaf Wikipedia, die gratis ensiklopedie)

Die 16 geomantiese figure is die primere simbole wat gebruik word in die kuns geassosieer met voorspellende geomansie. Elke geomantiese figuur verteenwoordig n’ spesifieke kondisie van die wereld of die bewussyn en dit mag uitgele word met verskillende metodes afhangende van die vraag wat gevra is asook die metode wat gebruik is om hierdie figure te skep.

Toe geomansie bekend gestel is in Europa tydens die middel eeue, het die figure astrologiese betekenisse asook nuwe vorms en simboliek aan geneem. Alhoewel geomansie n’ Afrika oosrprong en nie n’ Chinese oorsprong het nie, lyk dit oppervlakkig dieselfde as die ba gua, die 18 trigramme van die I Ching. Lees meer oor Afrika Sterre Tekens en die Afrika Diereriem. sagteware, Afrika Sterre Tekens, Sterre Tekens, astronomie, horoskoop tekens.

Leave a Comment :, , , , more...

Looking for something?

Use the form below to search the site:

Still not finding what you're looking for? Drop a comment on a post or contact us so we can take care of it!

Archives

All entries, chronologically...